Mannedag

Written by Riaan Vlok on . Posted in Uncategorized

Bookmark and Share

Mannedag 06

Die Mannedag saam met oud Springbok kaptein Hannes Marais was ‘n baie lekker geleentheid. Ons het almal saam grootskerm TV gekyk en die Bokke ondersteun. Almal se bloed was groen en toe Bismarck ‘n rooi kaart kry het ons bloed gekook. Hannes Marais het uit sy hart gepraat en van sy lewenslesse met ons gedeel. Hy het klem gelê op die belangrikheid om vir jou kinders lewenswaardes oor te dra. Dit was lekker om na al die stories te luister en almal het lekker saamgepraat. Daarna het die manne aangelê op die kleiduiwe….. lees verder

Die manne het behoorlik hulle lus vir skiet bevredig. Daar was oorgenoeg geleentheid om te skiet tot jy nie meer wil nie. Die kos was uit die boonste rakke – skaapbraai met heerlike bykosse. Baie dankie aan Koot wat die skaap gebraai het en vir die gebruik van Blue Boulders en vir Marietha vir die lekker bykosse. Dit was heerlik.  Sowat 40 manne het lekker saamgekuier en die dag terdee geniet. Dankie ook aan Gerhard Odendaal vir al sy reëlings.

Print Friendly

Trackback from your site.

Leave a comment