Damesoggend

Written by Riaan Vlok on . Posted in Nuus, Uncategorized

Bookmark and Share

 

damesdag03 DAMESOGGEND

 

Saterdag 31 Augustus en geen beter manier om die Vrouemaand af te sluit as ‘n oggend saam met Sheri Brynard nie.

Voorwaar ‘n merkwaardige jong dame wat nie toelaat dat Down Sindroom haar ideale en ambisies kelder nie…. (lees meer)

 

Keurige gedekte tafels, en die  mooiste proteas, ‘n heerlike ligte maaltyd en Sheri se inpirerende boodskap het van hierdie oggend iets baie besonders gemaak. Sheri se wens is dat die samelewing respek sal betoon teenoor gestremdes, hulle sal bemoedi, toelaat om ‘n bydrae te maak om te ontwikkel tot hulle volle potensiaal en te voel hulle het ‘n doel in die lewe. Dankie Sheri, dat jy ons almal weer laat besef het hoe afhanklik ons van ons Hemelse Vader is en dat ons elke dag te volle en in dankbaarheid moet leef. Ons salueer jou!nie toelaat dat die Down Sindroom haar ideale en ambisies kelder nie.

Print Friendly

Trackback from your site.

Leave a comment