• kinders by basaar

  • konsert

  • konsert

  • kerkbasaar

  • African Lion Tanzania Africa

  • Kerkgebou

Ons strewe daarna om 'n VERNUWENDE, BEGINSELVASTE en GELOOFWAARDIGE GEMEENSKAP te wees.

 
  • Son 25 Maart : Doop
  • Don 05 April (18:00) Paasnagmaal
  • Son 08 April : Paasfees

Author Archive

Pinkster

Written by Riaan Vlok on . Posted in Uncategorized

Bookmark and Share

Pinkster – word vervul met God se Gees!

Christelike kerke herdenk die uitstorting van die Heilige Gees in die Pinkstertyd (10 dae) tussen Hemelvaart en Pinksterfees (Sondag 27 Mei) By ons in die gemeente hou ons bidure vanaf Sondag 20 Mei tot Woens 23 Mei om 18:00 Die Gemeente bid soos alle ander Christelike kerke vir die ware herlewing wat kom deur die werking van God se Gees in mense en gemeenskappe. Die Prediker is Johan Claassen (Pta) wat sy eie musiekbediening het. Na die bidure is daar heerlike sop in die saal en almal is welkom om die gasvryheid van die gemeente te kom geniet en gemeenskap van gelowiges te ervaar. Gedurende die aande samel die gemeente geld in om komberse aan te koop vir die wintertyd (Projek : WINTERHOOP) As jy ‘n warm baadjie het wat jy nie meer dra nie – is jy welkom om dit te kom skenk vir mense wat in hierdie winter dit nodig gaan kry.

EE3

Written by Riaan Vlok on . Posted in Toerusting

Bookmark and Share

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Groepie van twaalf lidmate het saam met ds Marike die EE3 kliniek gedoen oor die naweek. Die kliniek is aangebied deur ds Hannes Els en ds Nico van Wyk van die EE3 kantoor. Dit was baie geslaagd en die EE3 span gaan steeds in die volgende 10 weke voort met die praktiese deel van die kursus. Die EE3 kliniek is gerig op gewnone gelowiges om hulle te bemagtig en toe ter rus met sekerheid van geloof in Jesus Christus en hulle ook die ondervinding te gee om hulle sekerheid met ander gelowiges te deel. Ons sal weer later in die jaar so ‘n kliniek aanbied en wil graag belangestellendes nooi om met ds Marike te skakel by 0723796069

Kospakkies

Written by Riaan Vlok on . Posted in Uncategorized

Bookmark and Share

Curves het Vrydag 13 kospakkies by die kerk oorhandig vir die bediening aan mense in nood. Die kospakkies sal in die gemeente uitgedeel word. As jy weet van behoeftige gesinne skakel asb met ds Christo of met Fanie Prinsloo. Baie dankie aan Karin Corbett en haar personeel van Curves.

NG Kerk Queenstown

Bottom B

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua.